Mense soek verskeie maniere om in die Hemel te kom. Sommiges dink: “Ek doen my beste… God sal my sekerlik toelaat in die Hemel.” Ander kyk na verskillende gelowe of godsdienstige maniere: die Tien gebooie, kerk lidmaatskap, die doop, aanneming in die kerk, goeie werke ens. Maar hoe kan enige van hierdie godsdienstige handelinge verseker dat ons hemel toe gaan?
Baie mense is baie eerlik en opreg in die toepassing van hul geloof. Maar is dit genoeg? In Joh 4 konfronteer Jesus ‘n vrou wie se godsdiens beoefening verkeerd was alhoewel dit opreg was. Aan Sy dissipels het Jesus in John 14:6 later gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.” In ‘n wêreld met so baie onsekerheid oor godsdiens, kom daar ‘n verfrissende waarheid na vore: Jesus het gesê Hy is die enigste weg na God toe.
Wat kan jy en ek doen om seker te maak ons gaan Hemel toe? In 1 John 5:13 sê die skrywer: Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God.” Die Bybel verduidelik dat, “Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom” (Joh3:36). Paulus het beide vir Jode en heidene gepreek en gesê “bekering tot God en die Geloof in onse Here Jesus Christus” (Hand20:21).
Hoe vind ‘n persoon dan die Here?
Erken dat jy ‘n sondaar is wat nodig het om gered te word. “Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God” (Rom 3:23). Niemand kan hulself red nie; “Want uit genade is julle gered, deur die Geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit werke nie, sodat niemand mag roem nie” (Ef2:8-9).
Glo dat God voorsiening gemaak het vir jou verlossing deur Jesus Christus. “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê (Joh3:16)
Bekeer (en draai weg) van jou sonde en roep uit na God. “Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom” (2Pet3:9). Vra God nou om jou te red! “As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word” (Rom10:9).
“O God, ek het gesondig teen U en U my vyand gemaak. Ek weet dat dit net deur die dood en opstanding van Jesus Christus is dat ek nou van my sonde gered kan word. Ek vra vir U vergifnis en vra dat U my van al my sonde sal reinig. Red my Asseblief. Amen.